OM UGIE SE KAMPVUUR 

 'N GESKIEDKUNDIGE REKORD VAN DIE   DORP UGIE EN SY OMGEWING

Saamgestel gedurende 1997 deur FRANS NEL
    "Almal van ons het een of ander tyd in ons lewe by 'n kampvuur gesit....in ons kinderdae, in ons jongmensdae, in ons grootmensdae....en hoe het ons dit nie geniet nie ? .... die stories wat daar vertel is....die grappies, die speletjies, die voordragte, die samesang, die eetgoed, die drinkgoed..... tot laatnag net gekuier en gekuier. Dit was asof daardie vuur sy omstanders nader aanmekaar gebring het....saam gebind het met 'n gemeenskaplike band in 'n hartlike eenheid... meededeelsaam ... meelewend... lekker, ja sommer net lekker... En die herinneringe daarna in die gejaagdheid van 'n vol lewe... soms vir 'n wyle vergete, maar in oomblikke van stilte gekoester met 'n teerheid wat die lewe weer sinvol maak... nuwe betekenis daaraan gee. As u een of ander tyd van u lewe op UGIE gewoon het, daar geleef, daar gespeel, daar skoolgegaan of daar gewerk het.... dalk net daar verby gery het.... kom sit dan saam om sy kampvuur... kom gesels saam, kom speel saam, kom en neem deel aan elke aspek daarvan. Kom luister hoe die vlamme knetter... kom kyk hoe die kole gloei.... kom en dink terug aan al die deelnemers, hul woorde en hul dade.... kyk oor jou skouer na die verlede.... kyk na jou voete vir die hede.... kyk op, bo-oor die vlamme na die toekoms .... besef.... erken.... en weet dat UGIE iewers op jou lewenspad 'n onuitwisbare merk daarop gelaat het. Net so min as wat ou PRENTJIESBERG ooit sal wankel, net so min sal daardie merk ooit in jou gedagtes uitgewis word.

Die idee van 'n kampvuur, soos hierbo beskryf en ervaar, simboliseer die inhoud van die hoofstukke wat hierna volg..."

                                                          ******************************************

To purchase a copy of this ebook, simply make a payment of R75.00 into the account below and fax the deposit slip to the fax number below.

To ensure smooth and promt processing please insert your email address and phone number onto the deposit slip as your reference.

Account Name: AA Mega Media
Bank: Standard Bank
Account type: Cheque
Account number: 20 287 1649
Branch Code: 0 52 621

Or purchase your copy using your credit card, click below

   Quantity
 


2CheckOut.com Inc. (Ohio, USA) is an authorized retailer for goods and services provided by AA Mega Media CC.


Contact Details:
Tel:
047 532 3227
Cell: 082 519 5384
Fax: 086 697 1703
E-mail: info@ugie.co.za